NewsSchools

Sterre by Rappies-revue gebore

Rappies het op 6 September 'n asemrowende revue vir ouers, leerders en onderwysers aangebied.

Laerskool Rapportyer het onlangs een van sy suksesvolste revues tot nog toe aangebied.

Met Sterre as die tema is daar vir sewe aande vertonings gehou, wat volgens skoolwoordvoerder Roleen Olivier almal volbespreek was.

Shani Roos and Johann-dré Schutte op die verhoog tydens Rappies se revue.

Spesifiek op Vrydag, 6 September was nagenoeg 1 100 kinders en ‘n handvol personeellede op die verhoog te sien.

“Voordat Rappies Sterre kon aanbied is daar ure se geduld, beplanning, oefening, volharding en kreatiwiteit ingesit. Ons is baie trots omdat ons sewe aande voor ‘n vol saal kon optree. Almal by Rappies het baie hard gewerk.

Jayden Edwards.

“Ons bedank almal – van dié wat dansies beplan het tot dié wat vir die dekor gesorg het. Sonder ons ouers en kinders se heelhartige ondersteuning en pragtige samewerking sou ons nie so suksesvol kon wees nie.

“Sterre is nog ‘n voorbeeld van ongelooflike spanwerk. Dit is so deel van Laerskool Rapportryer se verhaal as ‘Wenners vir môre’!”

J-Jay Carstens
Jayden Edwards in aksie.
Ethan Rourke tydens die revue.
Phillip Mouwers tydens die revue.
Juard J v Rensburg.
Phillip Mouwers tydens die revue.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button