NewsSchools

Lente verwelkom met Lentefees!

Organiseerders het die Lentefees op 1 September as 'n reuse sukses beskou.

Die lente is vanjaar goed ingelui met die Woord en Lig Lentefees wat by Laerskool Randfontein aangebied is. Die weer het saamgespeel en dit was ‘n wonderlike sonskyndag.

Talle mense het saam gekuier, gelag en die musiek geniet. Daar was talle stalletjies met iets vir almal.

Kinders het op die sportveld met rugbyballe en plastiekgewere rondgehardloop terwyl die ouers lekker gesels het.

Die Herald het met pastoor Abri Erasmus van die Woord en Lig-gemeente oor die Lentefees gesels.

Daar was heerlike kos te koop.

“Die Lentefees word een keer ‘n jaar gehou. Dié jaar se feestema was Sielewenners. Die fees word gehou om die Woord van die Here uit te dra, om siele te wen vir Jesus, en om ons taal en kultuur uit te leef.”

Daar was heelwat borge betrokke, insluitend die ATKV.

Ghapi op die verhoog.

Laerskool Randfontein se seniorkoor het selfs die geleentheid gehad om saam met die gaskunstenaar, Ghapi op te tree.

Die hooforganiseerder van die fees is Jako Erasmus, pastoor Abri se seun. Hy het gesê dat die dag ‘n reuse sukses was wat dié wat daar was, nog lank sal onthou. Hy het almal wat tot die sukses bygedra het, hartlik bedank.

Ghapi, Jako Erasmus en pastoor Abri Erasmus.

Related Articles

Back to top button