CrimeNewsUpdate

OPVOLG: Ma’s en pa’s teen boelies

“Grootmense sal saamstaan en dit nie stilletjies laat verbygaan nie.”

Die Randfontein Mammas teen Boelies het Saterdag, 31 Augustus bymekaar gekom om hul teenkanting teen kindermishandeling en boelies te wys.

Tammy Kraft, Surette Botes en Santie Gerber het die suksesvolle oggend van bewusmaking gereël.

Ondersteuners wat by MYNE Maatjies opgedaag het.

Read the initial article here:

BREAKING NEWS: VIDEO of alleged child abuse at Culemborg Park Day Care

Hulle het ‘n optog gehou om te beklemtoon dat dit onder geen omstandighede reg is om kinders te boelie of te mishandel nie.

Ma’s, pa’s en hul kinders het saam gestap om bewusmaking oor dié baie ernstige probleem te skep.

Ondersteuners op pad na MYNE Maatjies.

“Die doel van die optog was om ‘n stem te wees vir kinders wat seergemaak word en om ondersteuning vir hul ouers te bied,” het Tammy verduidelik.

Also Read:

UPDATE: Two employees arrested at day care

Almal wat saam gestap het, het vooraf by Loo’s Pub and Grill bymekaar gekom en van daar saam na MYNE Maaitjies Kleuterskool toe gestap. “Dit is nie net MYNE Maatjies nie – dit kon jou kind gewees het,” het die groep gesê

Die Randfontein Mammas teen Boelies wil ouers meer bewus maak van wat in skole aangaan, watter vereistes die staat aan skole stel en aan watter standaarde hulle moet voldoen.

“Ons wil hê ouers moet weet watter regte hulle het wat skole betref. Ons wil ook hê dat almal moet saamstaan sodat afknouery en mishandeling stopgesit kan word, en om ‘n verskil in die gemeenskap te maak. It takes a village to raise a giant.”

Related Articles

Back to top button