MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Verstopte rioolstelsel ‘n gesondheidsgevaar in Randgate

Raadslid Sina Erasmus is bekommerd oor die gesondheidsgevaar wat 'n rioolprobleem stel.

Sina Erasmus, DA-raadslid in die Randgate-area asook Grita Greyling, wykskomiteelid, het hul kommer uitgespreek oor die verstopte rioolstelsel in Van Deventerstraat.

Volgens Erasmus duur die probleem al twee weke lank voort en hou ‘n gesondheidsrisiko in.

“Ons probeer al twee weke lank iemand uitkry om die probleem te ondersoek. Wanneer iemand wel kom kyk, word die drein oopgemaak maar omtrent ‘n week later is dit weer verstop,” het Erasmus gesê.

Die riool loop in die straat oor.

Greyling het bygevoeg, “Dit veroorsaak ‘n baie onaangename reuk. Dit is reg oorkant die Randpoort-aftreeoord, en dit veroorsaak baie ongemak vir die mense wat sinusprobleme het. Selfs om kos te kook is aaklig wat daardie reuk trek sommer in jou kombuis in.”

Raadslid Sina Erasmus en wykskomiteelid Grita Greyling is bekommerd oor die riool wat ‘n gesondheidsrisiko inhou.

Related Articles

Back to top button