NewsSchools

Mbalenhle wen departementele spel-a-thon

‘n Graad 3-leerder van Laerskool Randfontein het ‘n eerste plek tydens die Distrik se Afrikaanse ‘spel-a-thon’ behaal.

Mbalenhle Fani, ‘n Graad 3-leerder van Laerskool Randfontein het ‘n eerste plek tydens die Distrik se Afrikaanse spel-a-thon behaal.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, is lees, skryf en veral spelling baie belangrik vir die Gauteng-Wes Onderwysdepartement.

Leerders van alle skole neem jaarliks aan spelkompetisies deel. Met die moderne tegnologie waar mense die kortste moontlike boodskappe wil stuur, het baie vergeet hoe om korrek te spel.

“Afkortings word links en regs gebruik. Leerders het die swak gewoonte aangeleer om ook so in hul skrifte te skryf. Laerskool Randfontein fokus daarop om leersders hierdie swak gewoonte te laat afleer.”

Oor Mbalenhle se prestasie het Annie bygevoeg dat sy net een fout gemaak en gesukkel het met die woord ‘Jeugdag’.

“Hierdie is ‘n besonderse prestasie vir Mbalenhle omrede Afrikaans haar tweede taal en Engels haar derde taal is. Haar voogonderwyser, Annelie Visser is baie trots op haar en weet hierdie jong dogter het ‘n ongelooflike talent vir tale.”

Related Articles

Back to top button