MunicipalNews

Rioolaanleg brand maande lank

‘Dis ‘n natuurramp wat wag om te gebeur’

Die Herald het Woensdag, 28 Augustus ‘n wenk gekry dat ‘n rioolaanleg in die Elandsvlei-gebied aan die brand is.

Volgens Matiam van Vuuren van AfriForum Randfontein brand die rioolaanleg reeds die afgelope drie maande.

Selfs Sungate het met hul watertrok water aangery om die brandslaners te help.

Die brand is moontlik deur veldbrande veroorsaak omdat die gasse wat die riool afskei, maklik vlambaar is. Daar vind ook chemiese reaksies plaas wat die riool kan laat brand. Sigaretstompies wat neergegooi word hou ook ‘n brandgevaar in.

Die brand is diep onder die grond en laat die riool smeul, wat die slegte reuk veroorsaak.

Daar was verlede jaar ook ‘n brand in die rioolaanleg, maar danksy die reënseisoen is dit geblus.

Daar is gesê die brand is moontlik deur veldbrande veroorsaak.

Volgens Matiam moet die riool uitgegrawe word en die vuur so geblus word dat dit nie weer kan opvlam nie.

“Die dam moet leeggemaak word en die riool moet weggery word,” het hy aanbeveel.

Volgens Matiam kan boere dalk die riool gebruik word om oeste te bemes.

“Dis ‘n natuurramp wat wag om te gebeur. Niemand wil iets doen om die saak reg te stel nie,” het hy gesê.

Daar is gesê die brand is moontlik deur veldbrande veroorsaak.

Matiam het vir Frans la Grange van die Belastingbetalingsvereniging bedank wat werkers gebring het om die brand te help blus, asook vir Sungate wat met hul watertrok water aangery het om die brandslaners te help.

Related Articles

Back to top button