Local newsNews

Die Herald het ‘n nuwe joernalis

Die Herald het op Dinsdag, 27 Augustus sy nuwe aanwins verwelkom.

Aangename kennis.

My naam is Michelle Roodt en ek bly tans in Krugersdorp-Noord. Ek het van ‘n jong ouderdom af ‘n passie gehad vir skryf, dit is hoekom joernalistiek my so fassineer.

Ek gee verskriklik baie om vir die gemeenskap en alles wat die gemeenskap raak. Ek is lief vir skryf en fotografie, en ek is baie gelukkig om deel te wees van so ‘n wonderlike Herald-span.

Ek sien baie daarna uit om alles te leer en om mense in die gemeenskap te help. Ek hoop om ‘n spoor te laat op almal se harte – waar ek oral mag gaan. Om ‘n joernalis te wees is ‘n groot uitdaging, en ek is baie bly om deel daarvan te mag wees.

Related Articles

Back to top button