NewsSchools

Ontmoet Riebeeckrand se bestuurskomitee van 2020

Hoërskool Riebeeckrand spog graag met hul uitvoerende bestuur van 2019/ 20.

Riebeeck — Hoërskool Riebeeckrand het op 7 Augustus ‘n spoggerige inhuldigingseremonie vir hul nuut verkose Seniorraad van 2020 gehou.

Die bestuurskomitee is ook tydens die geleentheid aangekondig.

Die hoofseun is Keaton Lensley en die hoofdogter is Wjanik Beneke. Die onderhoofseun is Teodoir van Staden en die onderhoofdogter is Tyllin Barnard. Anika Kotze, Elisma Pio, Stefan Smit en Wian Wray maak deel uit van die uitvoerende komitee.

“Die hoofseun en -dogter sien daarna uit om ‘n verskil in die skool te maak en Riebeeckrand verder op te bou as die dinamiese skool, soos mense dit reeds ken,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

“Die Riebeeckrand-familie is ‘n eenheid wat trots is op hul skool, en juis daarom sien die nuutverkose raad van 2020 daarna uit om hul skool se leuse, beginsels en waardes uit te leef.”

Related Articles

Back to top button