Dewald se vulkaan die departement se gunsteling

Ram-leerders presteer by Departement se Natuurwetenskappe-expo en vasvrae-kompetisie.

Talle leerders van Laerskool Randfontein is uitgenooi om aan ‘n Natuurwetenskappe (NW) Expo en ‘n vasvrakompetisie deel te neem wat deur Gauteng-Wes Onderwysdepartement aangebied is, en hulle het nie teleurgestel nie.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder is vier Graad 4-leerders van die skool, naamlik Liezl Flemming, Dawid en Christiaan Nolan en Heinrich Obermeyer uitgenooi om ‘n NW-expotaak te maak oor iets waarin hulle belangstel en al vier het na die finale rondte deurgedring. Dawid se taak oor die invloed van vulkane op die omgewing het die asems weggeslaan.

“Dawid se vulkaan het tydens die expo ontplof en ‘n reuse indruk op die beoordelaars gemaak. Hy het gevolglik deurgedring na die nasionale rondte.”

Verder het ‘n groep Graad 7-leerders van Ram, wat uit Waldo Greyling, Elandré Obermeyer, Drytton Barnard, Elri Bosman, Karla Strydom en Tiané Taljaard bestaan aan ‘n Tegnologie-vasvrakompetisie deelgeneem en algeheel sewende uit meer as 40 skole geëindig.

“Dit is ‘n fantastiese prestasie as mens in ag neem dat die toets in Engels was en dat meer as 45 skole deelgeneem het. Ram se NW- en Tegnologie-departement is baie trots op die leerders.

 

Exit mobile version