Riebeeckrand se Haatland en Plek van Genade beïndruk

Twee toneelgroepe van Hoërskool Riebeeckrand het die asems weggeslaan tydens die Kunstefeeste wat by Hoërskool Noordheuwel en Hoërskool Kempton Park gehou is.

Hoërskool Riebeeckrand se toneelgroepe, Haatland en Plek van Genade het onlangs die toekennings ingepalm.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, het dié twee groepe aan Hoërskool Noordheuwel en Hoërskool Kempton Park se Kunstefeeste deelgeneem waar hulle die asems weggeslaan het.

Sy het verduidelik dat al die lede van Haatland, naamlik JP Bouwer, Devonique Breedt, Anika Kotze, Naledi Pelega, Tenika Pedro, Carli Rall, Bridgette Basson en Yolandi Vermeulen ‘n bronssertifikaat vir Ensabel-werk by die Noordheuwel-fees ontvang het. Devonique is ook as die beste ondersteunende aktrise genomineer terwyl die twee afrigters, Annelize Erasmus en Varuska Denysschen, ook toekennings ontvang het.

Tiaan van Tonder, David Kuduntwane en Werner Gabriël, drie lede van die toneelgroep Plek van Genade in aksie op die verhoog. Foto ingestuur.

Annelize het ‘n brons vir klankoperateur en teks ontvang, en Varuska ‘n goud vir grimering en ‘n brons vir beligtingsoperateur, choreografie en kostuums.

Elzeri het vertel dat die toneelgroep Plek van Genade net so goed gevaar het.

Dié groep word deur Leona Esterhuyse en Sanette Smith afgerig. Die toneellede is David Kuduntwane, Erik Potgieter, Tiaan van Tonder, Lamont van Niekerk, Werner Gabriël, Peet van Jaarsveld, Tiaan Myburgh, Annamarie Bekker, Tyllin Barnard, Nadine Greeff, Helana Robinson en Wjanik Beneke.

Devonique Breedt, ‘n lid van die toneelgroep Haatland in aksie op die verhoog. Foto ingestuur.

Leona het ‘n silwertoekenning vir verhoogbestuur ontvang terwyl die twee tegniese lede, Malcolm Usher en Dewald Harmse ‘n brons vir verhoogbestuur en beligting gekry het. David, een van die toneellede, het ‘n brons vir akteurswese ontvang en is ook genomineer vir mees belowende akteur.

In Kempton Park het dié twee toneelgroepe ook nie teleurgestel nie. Haatland het ’n A+ behaal en Plek van Genade ‘n A.

“Tydens dié kompetisie is JP en David as die beste akteurs aangewys, en Naledi asook Helana as die beste aktrises. Lamont was die beste ondersteunende akteur en Devonique asook Wjanik was die beste ondersteunende aktrises.”

 

Exit mobile version