Nommer een! Lede van Ram se o.9A-skaakspan wat 'n eerste plek behaal het tydens die D2 Skaakkampioenskappe. Hulle is Zane Esterhuizen, Magdaleen Ernst, Mikayla Croukamp, Michael Lombaard, Alexander Berh en Kayleigh Enslin. Foto ingestuur.
Drie van Ram se skaakspanne het podiumplekke behaal tydens die jaarlikse D2 Skaakkampioenskappe by Hoërskool Bekker vroeg in Augustus.
Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het al ses die skool se skaakspanne, naamlik die o.9A’s en o.9B’s, o.11A’s en o.11B’s, o.13-seuns en o.13-dogters aan die kampioenskappe deelgeneem.
Nommer een! Lede van Ram se o.9A-skaakspan wat ‘n eerste plek behaal het tydens die D2 Skaakkampioenskappe. Hulle is Zane Esterhuizen, Magdaleen Ernst, Mikayla Croukamp, Michael Lombaard, Alexander Berh en Kayleigh Enslin. Foto ingestuur.
Hulle het as volg presteer:
• o.9A’s – eerste plek
• o.9B’s – derde plek
• o.11A’s – vierde plek
• o.11B’s – sewende plek
• o.13-seuns – vierde plek
• o.13-dogters – tweede plek
Nommer een! Lede van Ram se o.9A-skaakspan wat ‘n eerste plek behaal het tydens die D2 Skaakkampioenskappe. Hulle is Zane Esterhuizen, Magdaleen Ernst, Mikayla Croukamp, Michael Lombaard, Alexander Berh en Kayleigh Enslin. Foto ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!