Drie van Ram se skaakspanne het podiumplekke behaal tydens die jaarlikse D2 Skaakkampioenskappe by Hoërskool Bekker vroeg in Augustus.
Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het al ses die skool se skaakspanne, naamlik die o.9A’s en o.9B’s, o.11A’s en o.11B’s, o.13-seuns en o.13-dogters aan die kampioenskappe deelgeneem.