Ram se Megan ‘n uitblinker in Wiskunde

Ram se Megan Erasmus het 'n silwermedalje verower tydens die Gauteng Abacus Wiskunde Streekskompetisie in Randburg.

Megan Erasmus is nie net ‘n skoonheid nie. Sy het ook ‘n kop vir wiskunde.

Op Saterdag, 3 Augustus het Megan ‘n silwermedalje verower tydens die Gauteng Abacus Wiskunde Streekskompetisie in Randburg.

Daar was meer as 300 deelnemers van Graad RRR tot Graad 10.

Volgens haar ma, Elain, was dit die tweede jaar dat Megan aan die kompetisie deelgeneem het.

“Sy geniet Abacus vreeslik baie. Sy is ‘n selfgemotiveerde, lewenslustige dogter wat altyd beleefd is en ander wil help.”

Megan is ‘n Graad 3-leerder van Laerskool Randfontein en het ook die titels van Mej Randfontein 2019 Eerste Prinses, Miss Randfontein Ambassador 2019 en Miss Randfontein Charity 2019 agter haar naam.

“Megan sien baie uit na volgende jaar se kompetisie en bedank graag haar juffrou, Sunel Arlow.”

Megan het gesê sy wil nou graag haar maats aanmoedig om ook deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version