Besigheid skenk 360kg-hondekos

Cast Aways Animal Sanctuary in Wilbotsdal is verlede Dinsdag, 23 Julie deur 'n besigheid, Evotel, met byna 400kg hondekos bederf.

Evotel het verlede Dinsdag 18 sakke hondekos met ‘n totale massa van 360kg aan Cast Aways Animal Sanctuary in Wilbotsdal geskenk.

Evotel is ‘n veselnetwerkdiensverskaffer wat optiesevesel-netwerke in bepaalde gebiede installeer.

Volgens Dean Denyschen, Evotel hoof van verkope, het dit onder hul aandag gekom dat daar veral by Cast Aways ‘n nood is.

“Ons is altyd bly om te help waar ons kan. Hierdie is ‘n geleentheid vir ons om te belê in die diere se welstand in gemeenskappe waarby ons betrokke is.”

 

Exit mobile version