Kunstenaar, skoonheid reik uit na Have a Heart

Inwoners van Have a Heart Care Centre is onlangs met 'n vertoning deur 'n kunstenaar en besoek van 'n skoonheid bederf.

Inwoners van Have a Heart Care Centre is op Saterdag, 20 Julie bederf met ‘n vertoning deur sanger Marlé Fourie en ‘n besoek deur die skoonheid Anica van der Westhuizen.

Anica is die huidige Mej Junior Randfontein en Marlé is ‘n gesoute kunstenaar van Krugersdorp wat reeds 14 jaar optree.

Mej Junior Randfontein, Anica van der Westhuizen saam met die 84-jarige Alida Erasmus van die Have a Heart, en Marlé Fourie, kunstenaar van Krugersdorp.

Hul teenwoordigheid het ook as ‘n fondsinsameling gedien en was die openingsfunksie van die sentrum.

Volgens Andre Smith, funksiekoördineerder en inwoner van Have a Heart Care Centre is dit maar die begin van die lang lys van vermaak wat vir die bejaardes beplan word.

“Die inwoners het dit beslis geniet en ons beplan ‘n braaidag iewers in September met Marlé wat weer gaan optree, en dan gaan ons ook vir motorfietsklubs vra om vir ons te kom kuier.”

Die sentrum is ‘n niewinsgewende organisasie en het eers onlangs Randfontein toe verhuis nadat hulle ‘n perseel in die Roodepoortse middestad gebruik het. Hulle huisves tans 13 inwoners.

Marius Oelefse, die stigter van Have a Heart Care Centre, Marlé Fourie, kunstenaar van Krugersdorp, Andre Smith, funksiekoördineerder en inwoner van Have a Heart Care Centre en Mej Junior Randfontein, Anica van der Westhuizen.

Volgens Marius Oelefse, die stigter van Have a Heart Care Centre het hul verskeie probleme in Roodepoort ervaar en dus besluit om Oosterplotte toe te trek. Die sentrum bestaan net meer as drie en ‘n halfjaar.

Marlé het die publiek aangemoedig om na al die bejaardes aan die Wes-Rand uit te reik en hulle te koester.

“Daar is baie oumensies op straat. Kom ons help en kyk na ons oumense, want ‘n dorp het hulle nodig.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version