Rappies verwelkom nuwe musiekjuffrou

Lizette Furstenberg gaan klavier, musiekteorie en blokfluit by Laerskool Rapportryer aanbied.

Laerskool Rapportryer (Rappies) het pas ‘n nuwe musiekjuffrou, Lizette Furstenberg, by die musiekskool verwelkom.

Lizette is ‘n Randfonteiner in murg en been en wil graag haar passie met die jongklomp deel.

“Ek gaan klavierlesse, musiekteorie en blokfluit vir beginners by die musiekskool aanbied,” het sy gesê.

Die musiekklasse wat smiddae daar aangebied word, is nie net vir Rappies-leerders nie, maar vir die hele gemeenskap.

 

Exit mobile version