GESOEK: ‘n Joernalis vir die Herald-span

Die Randfontein Herald is op soek na 'n joernalis om by hul span aan te sluit. Doen so aansoek ...

As jy die moed van ‘n leeu, die toewyding van Florence Nightingale en die werkywer van ‘n mier het, is jy die ideale kandidaat vir hierdie pos. Die

Die Randfontein Herald wag aansoeke in van toepaslik gekwalifiseerde en ervare kandidate wat aan die vereistes hieronder voldoen. Die suksesvolle kandidaat —

• het ervaring in joernalistiek – ‘n graad of diploma sal voordelig wees

• het eie, betroubare vervoer (nie onderhandelbaar nie) en ‘n geldige rybewys

• is rekenaargeletterd – vaardigheid in die gebruik van sosiale media is voordelig

• is gewillig om ongereelde ure en oor naweke te werk

• kan in Afrikaans en Engels skryf

• is veelsydig en kan oor alle tipes nuus berig, insluitend harde nuus, en kan ondersoeke vir stories doen

• is gewillig om in Randfontein te woon

• het ‘n deeglike begrip van spertye en kan goed onder druk werk

• het goeie interpersoonlike vaardighede en kan as lid van ‘n span werk

Ons bied ‘n basiese salaris, petroltoelae en ‘n pensioen-/ voorsorgfonds aan.

Doen aansoek deur ‘n kort CV na clintonb@caxton.co.za te stuur.

Aansoeke sluit op Donderdag 18 Julie 2019. Indien jy teen 25 Julie 2019 nog nie terugvoer ontvang het nie, beskou jou aansoek as onsuksesvol.

 

Exit mobile version