Wisteria Blommeskou laat monde oophang

Tydens Westeria Blommeklub van Randfontein se onlangse Blommeskou is Tambotie Mall se gange met groot, kleurvolle blommerangskikkings versier.

Groot, kleurvolle blommerangskikkings het tydens die Westeria Blommeklub van Randfontein se onlangse Blommeskou in Tambotie Mall se gange gepronk.

Tydens dié spoggerige geleentheid op 27 en 28 Junie het lede van die klub die geleentheid gekry om hul talente vir die hele gemeenskap ten toon te stel.

Groot, kleurvolle blommerangskikkings het tydens die Westeria Blommeklub van Randfontein se Blommeskou in Tambotie Mall se gange gepronk. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Volgens Leon Hefer van die klub vind dié skou jaarliks plaas en is dit altyd ‘n hoogtepunt op hul kalender.

Hy het gesê dat daar ‘n eerste-, tweede- en derdeplek in verskeie afdelings aangewys is en dat spesiale pryse vir byvoorbeeld beste kleurgebruik en beste tekstuurgebruik toegeken is.

“Dis altyd interessant om te sien hoe elke persoon die tema interpreteer,” het hy bygevoeg.

 

Exit mobile version