Werner deur na ATKV-finaal

Werner Gabriël van Hoërskool Riebeeckrand het ‘n eerste plek by die ATKV-redenaarskompetisie se semifinale behaal.

‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Riebeeckrand, Werner Gabriël, het op 1 Junie ‘n eerste plek by die ATKV-redenaarskompetisie se semifinale rondte behaal.

Volgens Elzeri Wright het hy dié prestasie in die Addisionele Taal-afdeling behaal.

“Werner het met dié puik prestasie deurgedring na die nasionale finale rondte van die kompetisie wat op 2 Augustus by ATKV Goudini Spa plaasvind,” het sy gesê.

Dit is vanjaar die eerste keer dat Werner die nasionale finale rondte gehaal het en die sewende keer dat ‘n Riebeeckrander aan die nasionale finale rondte deelneem.

“Hy is opgewonde en sien daarna uit om Riebeeckrand met trots te gaan verteenwoordig. Die Riebeeckrand-familie is baie trots op hom en wens hom ook sterkte toe met die finaal.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version