Local newsNews

Amper tyd vir Connies se bingo-aand!

Daar sal groot pryse te wen wees tydens Connies se jaarlikse bingo-aand fondsinsamelingsprojek op 26 Julie.

Die Connie Mulder Sentrum se gewilde bingo-aand is hul grootste jaarlikse fondsinsamelingsprojek en sal om 6.30nm op Vrydag, 26 Julie by die sentrum plaasvind.

Vanjaar se pryse sluit twee bootvaarte, verskeie wegbreke en kleiner pryse in.

Daar gaan geen kontantkroeg wees nie en R’fonteiners is welkom om hul eie eet- en drinkgoed saam te bring om die aand saam met Connies te geniet.

Die aand beloof om propvol pret te wees en dis boonop vir ’n goeie doel.

Vir meer inligting of om kaartjies te koop, skakel gerus vir Gordon Henney by 082 441 6008 of stuur vir hom ‘n epos na ceo@conniecentre.co.za.

Related Articles

Back to top button