Die Connie Mulder Sentrum se onlangse Mnr en Mej Connies 2019-kompetisie was 'n groot sukses.
Die beoordelaars van Mnr en Mej Connies 2019. Foto: Jaco-Mari Futcher.
Die Connie Mulder Sentrum het die afgelope naweek hul nuwe Mnr en Mej Connies 2019 gekroon.
Die tema was Alice in Wonderland en die deelnemers het weer eens nie teleurgestel nie.
‘n A capella-groep van Toekomsrus, die Recreators, het die toeskouers bekoor. Aan die einde van die aand is Tilla Kotze en Fanie Combrinck onderskeidelik as Mej en Mnr Connies 2019 gekroon.