Local newsNews

Kolletjiekuns saam met die Vroue Landbou-Unie

Verskeie Vroue Landbou-Unietakke in die streek het onlangs 'n demonstrasie van kolletjiekuns by die Westonaria-tak bygewoon.

Die vroue van die Westonaria-tak van die Vroue Landbou-Unie (VLU) het onlangs saam met die ander takke in die streek gekuier.

Volgens Bea Greyling, voorsitter van die tak hou die VLU gereeld werkswinkels waar hulle nuwe vaardighede aanleer. Op Woensdag, 5 Junie, het hulle die ander takke in die streek genooi vir heerlike sop en brood, en ‘n demonstrasie van kolletjiekuns.

Dané van Wyk werk aan haar kolletjiekuns. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Magda Cooks was die gasvrou en het die demonstrasie gedoen.

“Ek het kolletjiekuns een aand op Pinterest raakgesien en ek was mal daaroor. Ek hou daarvan, want mens kan enigiets waaraan jy kan dink so skep. Jy kan dié kuns op enigiets van lap tot klippe doen, maar jy moet geduldig wees, anders gaan dit nie werk nie,” het sy gesê.

VLU-lede van takke so ver as Carletonville, Krugersdorp en Middelvlei het die demonstrasie in Westonaria bygewoon. Hendie Joubert, streekvoorsitter van die VLU-Witwatersrand en voorsitter van Krugersdorp-tak was die eregas.

Verskeie takke in die streek het aan die demonstasie deelgeneem. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Bea het almal hartlik verwelkom en sommer tuis laat voel.

“Ons nooi die ander takke in ons streek graag uit wanneer ons demonstrasies of werkswinkels het. Hulle nooi ons ook wanneer hulle iets spesiaals aanbied. So kuier ons oor en weer en leer mekaar ken,” het Bea gesê.

Dié vroue het heerlik saam gekuier, kolletjiekuns gedoen en wenke uitgeruil.

Related Articles

Back to top button