MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Varswaterlekke bekommer Toekies-inwoners

KYK: Daar is talle varswaterlekker regoor Toekomsrus. Die Herald het met Hullet Hild, 'n raadslid van die area oor die probleem gesels.

Daar is ‘n hele paar varswaterlekke regoor Toekomsrus.

Volgens Hullet Hild, DA-raadslid, het water al meer as ‘n jaar gelede op sommige van dié plekke begin uitlek.

“Op sommige plekke is dit pype wat lek, en op ander plekke lek die watermeters. Die water lek in party gevalle al ‘n paar maande lank, in ander gevalle reeds ‘n jaar of langer. Dit word weekliks en soms daagliks gerapporteer, maar niks word daaraan gedoen nie,” het hy gesê. Die mense wat in die area woon waar die lekke voorkom, het dit ook al tevergeefs aangemeld, het hy bygevoeg.

“Dit is vars drinkwater wat so vermors word. Die boere in die land sukkel met ‘n watertekort en hier by ons word water vermors. Dis baie jammer om dit so te sien.”

Op party plekke in Toekomsrus lek die vars water al langer as ‘n jaar uit. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Hy het gesê dat die koste van die verlore water hom baie bekommer.

“Iemand moet uiteindelik betaal vir die skoon drinkwater wat verkwis word. Ons munisipaliteit sukkel reeds finansieel en dan moet hulle nog vir die verlore water betaal,” het hy bygevoeg.

Related Articles

Back to top button