#comrades2019: Fokus op Wisteria

Westaria Atletiekklub is gereed vir die 94ste Comrades-marathon.

Die lede van Westaria Atletiekklub is baie opgewonde oor die 94ste Comrades-marathon wat vandag 9 Junie plaasvind.

Hulle oefen al ‘n hele paar maande ter voorbereiding van die groot dag en glo dat hulle almal die marathon gaan voltooi.

James Mitchell, Lizé Jansen en haar man, Bernie, is van die lede wat vanjaar gaan deelneem. James gaan op 65-jarige ouderdom sy 10de Comrades doen.

Bernie Jansen.

“Ek hoop en glo daarin dat ek my Groen Nommer gaan kry en dan sal ek besluit of ek volgende jaar weer gaan hardloop. My doelwit is om die marathon in 10 uur en 45 minute klaar te maak,” het hy gesê. Lizé, 46, en Bernie, 47, hardloop albei vanjaar hul tweede Comrades-marathon.

Ons het verlede jaar ons eerste Comrades gedoen en ons is baie opgewonde om dit weer aan te pak. Ons het so vier jaar terug begin hardloop en die gogga het ons gebyt,” het Lizé gesê.

Hulle het verlede jaar die marathon in 10 uur en 53 minute voltooi. “Daar heers ‘n ongelooflike atmosfeer onder die drawwers en ek sien daarna uit om weer deel daarvan te wees. Ek hoop om weer onder 11 uur klaar te maak.”

Lizé Jansen.

Volgens Bernie was sy eerste Comrades ‘n groot sukses en hy hoop om vanjaar nog beter te vaar.

Ek is baie dankbaar vir die geleentheid om dit te kan doen, want dit is baie lekker.

“Ons het met die Two Oceans-marathon begin, dus was die Comrades die volgende stap. Dis lekker om myself uit te daag,” het hy bygevoeg.

James Mitchell.

Jan Swanepoel, 66, is ook ‘n lid van die klub en het al 31 Comrades-marathonne op sy kerfstok. Hy sit egter vanjaar s’n uit.

Sy 63-jarige vrou, Maggie, het al 22 Comrades-marathonne gehardloop en gaan saam met Jan dié een uitsit. Hulle is egter baie opgewonde om aan die 2020 Comrades deel te neem.

Exit mobile version