Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #115 – Michelle Devadasan

Die Herald ontmoet die 115e persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 4 Junie het die Herald vir Michelle Devadasan, die 115e persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Randfontein ontmoet.

Die 43-jarige Michelle is ‘n assistent by die openbare biblioteek in Randfontein. Sy is baie betrokke by die Randfontein- en Westonaria-gemeenskap en poog om kinders opgewonde te maak oor lees.

Haar twee grootste passies in die lewe is boeke en kinders.

“Ek is baie lief vir my werk, want ek kan kinders die waarde van boeke leer. Ek lees self ook baie vir my vyfjarige dogtertjie,” het sy gesê.

Sy het op ‘n tyd Sondagskool gegee en wanneer sy nie tussen boeke of kinders is nie, sing sy graag.

“My ander passie is sang. Ek het ‘n tyd lank sangopleiding gegee,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button