Riebeeckranders hou hul naam hoog by ATKV-redenaars

Ses leerders van Hoërskool Riebeeckrand gaan op 1 Junie aan die die semifinale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie deelneem.

Ses leerders van Hoërskool Riebeeckrand is deur na die semifinale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie.

“Riebeeckrand vaar vanjaar uitstekend by dié kompetisie. ‘n Rekordgetal van 23 Riebeeckranders het aan die begin van April aan die eerste rondte deelgeneem,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, gesê.

Volgens Elzeri is die kompetisie straf en is dit voorwaar ‘n besondere prestasie om die semifinaal te haal .

“Riebeeckrand wens die ses leerders, Carli Rall, Rick van den Berg, Devonique Breedt, Mapule Diale, Monique Pienaar en Werner Gabriël sterkte toe met hul deelname aan die semifinaal wat op 1 Junie by Hoërskool Linden plaasvind. Die Riebeeckrand-familie is voorwaar baie trots op hul leerders,” het sy bygevoeg.

Exit mobile version