Ramkriekies se kleuters het ‘n allemintige R23 342 bymekaar gemaak tydens hul blikkiesfondsinsameling.
Marlie Potgieter, die hoof van Ramkriekies Kleuterskool het gesê elke leerder het ‘n bietjie meer as ‘n maand gehad om hul blikkies vol te maak.

Sy het vertel dat die fondse gebruik gaan word om die skoolfonds aan te vul, en opvoedkundige speelgoed en kunsgoed aan te koop. Hopelik kan hulle ook fietse daarmee koop.
Jaxson Coetzee het die meeste geld ingesamel met R1 427, gevolg deur Miané Weyers met R1 163 en Duné Coetzee met R605.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



