Groot Moedersdagbederf vir bejaardes

Mej Randfontein Junior 2019-finalis het Randfontein se bejaardes se lewens behoorlik opgekikker op Moedersdag.

Die inwoners van Tulbach Huis en Sascha Tehuis in Wilbotsdal is op Moedersdag met heerlike kolwyntjies bederf.

Shyla Nordin,‘n Mej Randfontein Junior 2019-finalis, het Randfotnein se bejaardes se lewens behoorlik opgekikker op Moedersdag. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Shyla Nordin, 9, ‘n Mej Randfontein Junior 2019-finalis en haar ma, Jo-Anne Ferreira, het vir elke ouma en oupa ‘n kolwyntjie gegee om dié dag spesiaal te maak.

Shyla Nordin,‘n Mej Randfontein Junior 2019-finalis, het Randfotnein se bejaardes se lewens behoorlik opgekikker op Moedersdag. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Baie van die Tulbach Huis-inwoners ly aan Alzheimer se Siekte en in albei tehuise is inwoners wat bedlêend is, maar hulle het almal in die bederfdag gedeel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version