Koek en tee saam met die dorp se mooistes

Die Mev Randfontein- asook die Mej Randfontein 2019-finaliste wat ouer as 18 jaar is het op Sondag, 28 April hul jaarlikse high tea vir vrouebemagting gehou.

Die Mej en Mev Randfontein 2019-finaliste het onlangs ‘n suksesvolle high tea vir vrouebemagting by die Randfontein Rugbyklub in Greenhills gehou.

Volgens Janine Ferreira van Randfontein Pageants is dit ‘n jaarlikse instelling om te bepaal of die finaliste goeie gasvroue is en of hulle ondersteuning van die publiek af kan kry.

Channelle Odendaal, Mev Randfontein 2019-finalis, het ‘n tikmasjien-koek, wat deel van haar dekor was, na die funksie aan die Herald geskenk. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Sy het vertel dat die funksie oudergewoonte ‘n groot sukses was en die finaliste en die gaste het dit baie geniet. Reinette Herbst, Mev Afrika 2019, het ‘n motiveringspraatjie gegee terwyl Rohan Booysen en Dylan Emslie van Rohan & Co musiek gemaak het.

Rohan Booysen en Dylan Emslie van Rohan & Co het musiek tydens die funksie gemaak. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Channelle Odendaal, ‘n Mev Randfontein 2019-finalis, het ‘n tikmasjien-koek, wat deel van haar dekor was, na die funksie aan die Herald geskenk. Dié koek is deur Liza Janse van Rensburg van Devine Crumbs gemaak. Liza het ook ‘n lewensgrootte koek vir die funksie gemaak waaraan al die finaliste en hul gaste kon smul.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version