MunicipalNews

Groot boom rig skade aan eiendom aan

'n Groot boom by 'n huis in Toekomsrus het groot skade aan die bure se eiendom aangerig toe een van die takke onlangs afgebreek het.

‘n Groot boom by ‘n huis op die hoek van Diamant- en Plakkiestraat in Toekomsrus het groot skade aan bure se eiendom aangerig toe een van die takke onlangs afgebreek het.

Volgens Fernando Kozyn, inwoner van Plakkiestraat, het die groot boom in hul erf al vir dekades onenigheid tussen hulle en hul bure veroorsaak, maar noudat die boom gebreek het, wil hulle en die bure saamstaan om die probleem op te los.

Volgens Fernando Kozyn, inwoner van Plakkiestraat, het die groot boom in hul erf al vir dekades onenigheid tussen hulle en hul bure veroorsaak, maar noudat die boom gebreek het, wil hulle en die bure saamstaan om die probleem op te los. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Die boom groei deur die mure tussen ons huise en die wortels veroorsaak probleme met die dreineringstelsel,” het hy gesê.

Volgens sy buurvrou, Elizabeth Rabie, wat in Diamantstraat woon, het die boom sowat twee weke terug gebreek en op die dak van ‘n gebou in haar erf geval.

“Die boom maak groot skade by ons. Ons het die munisipaliteit gevra om hom af te saag of uit te haal, maar al wat hulle gedoen het, was om ‘n paar takke af te saag en toe los hulle dit net so in my erf vir my om skoon te maak,” het sy gesê.

Desmond Dickson, nog ‘n inwoner van Plakkiestraat, het dié boom vergelyk met die Bybelse Boom van Goed en Kwaad.

“Vroeër was dit die die taxiryers wat lafenis gesoek het se afkoelplek. Nou is dit net ‘n las,” het hy gesê.

Die bure is al keelvol vir die moeilikheid wat die boom veroorsaak en hoop dat die munisipaliteit binnekort tot hul redding sal kom.

Related Articles

Back to top button