NewsSchools

Riebeeckrand-hokkie maak opslae

Twee van Hoërskool Riebeeckrand se hokkiespeler het tot dusver vanjaar baie goed presteer.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op Brandob Koen (o.18) en Leruscka de Villiers (o.18), twee hokkiespelers wat tot dusver vanjaar besonder goed in hul sport vaar.

“Brandon is in die D2/ D12-hokkie-oefengroep opgeneem en Leruscka is ‘n lid van die D2/ D12-hokkiespan. Leruscka het ook deurgedring om op 9 Mei aan die Suid-Gautengse proewe deel te neem,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Brandon Koen van Hoërskool Riebeeckrand is in die D2/ D12-hokkie-oefengroep opgeneem. Foto: Ingestuur

Die skool se hokkiespelers oefen al heeljaar baie hard om die beste onder die bestes te wees.

“Riebeeckrand wens die twee leerders geluk en vir Leruscka alle sterkte toe vir die proewe,” het sy bygevoeg.

Related Articles

Back to top button