Beertjies van hoop vir slagoffers

'n Mr Randfontein Junior 2019-finalis, het ‘n projek begin om na kinders wat deur die onlangse rampe in Mosambiek en KwaZulu-Natal geraak is uit te reik en om komberse en beertjies vir hulle te stuur.

Na die onlangse vloede in Mosambiek sowel as in KwaZulu-Natal het soveel mense hulp en hoop nodig.

In Maart het sikloon Idai duisende lewens in Mosambiek verwoes en in April het sikloon Kenneth ook minstens 38 lewens in daardie land geëis. In KwaZulu-Natal het minstens 70 mense aan die einde van April hul lewens verloor weens swaar reën en vloede.

Maujean van Staden van Pembury Lifestyle Group (PLG) Academy by Kyle van Staden, Mr Randfontein Junior 2019-finalis, en Estie van Staden. Foto: Jaco-Mari Futhcer

Dié rampe het die wêreld geskud en Kyle van Staden, ‘n Mr Randfontein Junior 2019-finalis, het ‘n projek begin om na kinders wat deur die rampe geraak is, uit te reik en om komberse en beertjies vir hulle te stuur.

“Die sikloon wat Mosambiek getref het was ‘n groot skok en kort daarna het daar soveel hartseer die land getref toe die vloede in KwaZulu-Natal ook soveel lewens geëis het. Ons as Suid-Afrikaners moet saam staan en wys dat daar hoop en omgee uit ‘n klein dorp soos Randfontein kan kom,” het Estie, Kyle se ma, gesê.

Saam het Kyle van Staden, Mr Randfontein Junior 2019-finalis, en Pembury Lifestyle Group (PLG) Academy in Greenhills baie beertjies en komberse vir rampslagoffers ingesamel. Foto: Jaco-Mari Futhcer

“Ons het dit goed gedink om alles wat tot dusver ingesamel is, in die helfte te deel. Een helfte gaan met ‘n trok Mosambiek toe geneem word en die ander helfte gaan ons persoonlik in KwaZulu-Natal aflewer,” het sy bygevoeg.

Pembury Lifestyle Group (PLG) Academy in Greenhills het die grootste bydrae tot die projek gemaak.

Maujean van Staden van Pembury Lifestyle Group (PLG) Academy by Kyle van Staden, Mr Randfontein Junior 2019-finalis, en Estie van Staden. Foto: Jaco-Mari Futhcer

“Dankie aan elke finalis van Mej/ Mr/ Mev Randfontein wat ook gehelp het om donasies in te samel. ‘n Baie spesiale dankie aan PLG se skoolhoof, Monica Bruwer, asook Maujean van Staden, ‘n onderwyser by die skool, wat elke kind en ouer van PLG vir skenkings gevra het. Ek wil ook dankie sê vir Janine Ferreira van Randfontein Pageants wat vir jongmense en kinders die geleentheid gee om te kan help,” het Kyle gesê.

Exit mobile version