NewsSchools

Ram leer oor Paasfees

Twee leerders van Laerskool Randfontein en Ramkriekies Kleuterskool het onlangs Paaseiers, worsrolletjies en koeldranke vir hul minderbevoorregte maats uitgedeel.

Die leerders van Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs geleer dat Paasfees nie oor Paaseiers gaan nie, maar eerder oor die ware liefde van God.

Die vierjarige Jaxson Coetzee, Mnr Randfontein 2019-finalis en die agtjarige Megan Erasmus, Mej Randfontein 2019-finalis, het Donderdag, 18 April die Paasnaweek vir die minderbevoorregte leerders van Ram ‘n bietjie meer spesiaal gemaak.

“Die twee leerders is in onderskeidelik Ramkriekies Kleuterskool en Laerskool Randfontein, en het besluit om saam iets vir die gemeenskap te doen deur by hul eie skool en maats te begin. Saam het hulle 600 paaseiers ingesamel en 110 worsrolletjies en koeldranke uitgedeel,” het Jaxson se ma, Roxaan Coetzee, gesê.

“Nou gaan Liewe Jesus se hartjie baie bly wees, want ons gee vir die maatjies kos wat nie het nie,” het Jaxson gesê.

Roxaan was baie dankbaar teenoor almal was ‘n bydrae gemaak het en toegesien het dat die projek ‘n groot sukses was.

Related Articles

Back to top button