NewsSchools

Riebeeckrand-netbal beste in NWU 16-reeks

Hoƫrskool Riebeeckrand het die trofee as die beste netbalskool van die NWU 16-reeks gewen.

Die taai NWU 16-reeks het onlangs tot ā€˜n einde gekom en HoĆ«rskool Riebeeckrand se netbalspelers het behoorlik koning gekraai.

Riebeeckrand het die trofee as die beste netbalskool in die NWU 16-reeks gewen. DiƩ puik prestasie het leerders, ouers en ondersteuners in ekstase gehad op Riebeeckrand se Facebook-blad.

ā€œHoĆ«rskool Riebeeckrand is bekend vir hul uitstekende netbalspel, asook hul spanne wat jaar na jaar uitmuntende prestasies behaal. Vanjaar doen Riebeeckrand dit weer, en ontvang die trofee van die NWU 16-reeks as die beste netbalskool,ā€ het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesĆŖ.

Op Vrydag, 12 April, het vyf van Riebeeckrand se netbalspanne aan die finaal van die NWU 16-reeks deelgeneem waarvan vier spanne hul wedstryde gewen het. Twee van diƩ spanne is boonop as die wenners van die NWU 16-reeks aangewys. Vier spelers uit die vyf spanne is tydens die finaal as Speler van die Wedstryd aangewys.

Die tellings in die finaal is soos volg:

ā€¢ o.14 wen HoĆ«rskool Stoffberg 18ā€“11 en eindig eerste in die reeks. Liesl Pio is aangewys as Speler van die Wedstryd.

ā€¢ o.15 verloor 20ā€“15 teen HoĆ«rskool Piet Retief. Dehandrie Thoms is aangewys as Speler van die Wedstryd.

ā€¢ o.16 wen HoĆ«rskool Piet Retief 28ā€“18 en eindig eerste in die reeks. Nicola van der Merwe is aangewys as Speler van die Wedstryd.

ā€¢ Eerstespan wen teen HoĆ«rskool Stoffberg 31ā€“19 en eindig vyfde in die reeks.

ā€¢ Tweedespan wen teen HoĆ«rskool Pretoria-Noord 21ā€“9 en eindig sewende in die reeks. Wjanik Beneke was die Speler van die Wedstryd.

ā€œOns is baie trots op ons netbalspelers en -afrigters. Ons wens hulle alles van die beste toe vir die liga waarmee hul reeds besig is. Mag die groot wentellings aanhou instroom,ā€ het Elzeri bygevoeg.

Related Articles

Back to top button