Fondsinsameling vir kinders se seedrome

‘n Groot dansaand gaan by Fantasy Farmyard in Wilbotsdal plaasvind om fondse in te samel vir 'n heerlike seevakansie vir minderbevoorregte kinders.

‘n Groep minderbevoorregte kinders gaan vir die eerste keer die see sien, danksy ‘n fondsinsameling wat gehou gaan word.

Daar gaan op 26 April vanaf 7nm ‘n groot dansaand by Fantasy Farmyard in Wilbotsdal plaasvind. Kunstenaars gaan optree en die toegangsgeld sluit ‘n smaaklike ete in.

Al die fondse wat ingesamel word gaan vir ‘n baie goeie doel. ‘n Plaaslike kerk gaan met dié fondse ‘n groep kinders wat nog nooit die see gesien het nie, met ‘n heerlike seevakansie bederf.

Waarvoor wag jy? Stof jou dansskoene af vir ‘n goeie doel.

Skakel gerus 082 852 7256 vir meer inligting.

Exit mobile version