Local newsNews

#ThrowbackThursday – 17 April 1987

Die Herald gaan ver terug na 17 April 1987 vir hierdie week se #ThrowbackThursday.

Dis #ThrowbackThursday en die Herald kyk vandag na die nuusgebeure waaroor daar in sy 17 April 1987-uitgawe berig is.

Marina Eloff Brown is in 1987 as die Mej Tropica Randfontein se tweede prinses aangewys. Haar pa en haar boetie is ongelukkig twee dae later in ‘n motorongeluk oorlede. Hulle kon nie die kompetisie bywoon nie en sy wens tot vandag toe dat hulle daar kon wees.

“Ek het saam met ‘n groep vriendinne ingeskryf. Dit het nie vir my oor wen of verloor gegaan nie. Ek wou net pret hê,” het sy gesê.

Ander interessante opskrifte in dié uitgawe:

Randfontein se eersterugbyspan het die Teljoy Klub van die Week-toekenning verower toe hulle Kempton Park se span met 45–3 kafgedraf het.
Dave Kets, Elsie Kitching, Bea Botha en Du Preez Ketz is by ‘n toekenningsaand in Krugersdorp bedank omdat hulle elkeen reeds 200 pinte bloed geskenk het.
Die Wesrandse Bloedoortappingsdiens het op 28 April ‘n bloedskenkgeleentheid in die Randfontein-stadsaal gehou. Die spotprent was ‘n manier om die gemeenskap uit te nooi om bloed te skenk.
Mej Tropica Randfontein 1987 was Deidré de Villiers. Haar eerste prinses was Sharon Webb en haar tweede prinses was Marina Eloff.
Checkers sold onions as well as onion seeds to ensure that local gardeners and farmers cultivated this precious vegetable.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button