Local newsNews

Buffalo Ranch hou makietie vir goeie doel

Buffalo Ranch het onlangs 'n groot makietie ten bate van Smiling Angels Kinderhuis gehou.

Buffalo Ranch in Pelzvale het die kinders en personeel van Smiling Angels Kinderhuis met ‘n groot partytjie op Sondag, 14 April bederf.

Johan van Wyk, die bestuurder van die besigheid het gesê dat hulle reeds in 2018 van dié niewinsgewende organisasie in Westonaria te hore gekom het. Hy het toe besluit om aandag aan hul behoeftes te gee.

Die besoekers het baie speelgoed, kos- en kleredonasies vir die Smiling Angels Kinderhuis saamgebring. Foto: Jaco-Mari Futcher

Pizza Perfect in Westonaria het vir die kinders ‘n heerlike ontbyt geborg terwyl Greenhills Spur seker gemaak het dat elke kind ‘n smullekker middagete kon geniet. Theresa Jooste van Magaliesburg het ook die makietie bygewoon en het ‘n hele bees aan die kinderhuis geskenk.

“Die hele dag het oor liefdadigheid gegaan en om vir die kinders wat nie gevra het om in so ‘n situasie te wees nie, ‘n onvergeetlike dag te gee. Ons doel was om hulle te help om elke aand ‘n bord warm kos te hê,” het Johan gesê.

Mac’s Randfontein-motorfietsklub gee baie om oor kinders se behoeftes en het ook ‘n groot bydrae tot die partytjie ten bate van Smiling Angels Kinderhuis gelewer. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hy het bygevoeg, “Ons is baie dankbaar vir elke persoon wat die groot dag moontlik gemaak het”.

 

Related Articles

Back to top button