Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #108 – Sandra Lötter

VIDEO: Die Herald ontmoet die 108e persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 16 April het die Herald vir Sandra Lötter, die 108e persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Greenhills ontmoet.

Sandra, 42, woon in Wheatlands en diere is haar grootste passie in die lewe.

“Ek het ‘n hele paar honde by my huis en ek werk by Barkz & Bubbles Hondesalon waar ek honde mooimaak. Ek het altyd met kinders gewerk, maar ek geniet dit baie meer om eerder met hondekinders te werk,” het Sandra gesê.

Sandra is oorspronklik van die Vaaldriehoek, maar het Randfontein ongeveer ‘n dekade gelede haar tuiste gemaak.

“Randfontein se gemeenskap is baie vriendelik. Hier en daar is daar luidrugtige mense, maar die meerderheid is die vriendelikheid self,” het sy bygevoeg.

Related Articles

Back to top button