Jo en Karlien help dansers se drome waar word
Die doel van hierdie konsert is om genoeg fondse in te samel om die Trinity-dansers te help om Kroasië toe te gaan.
Trinity Dance Company het met Daleen Vorster van Star EventOvasion hande gevat om ‘n groot konsert ten bate van Trinity se dansers aan te bied.
Die hoogtepunt van die konsert is Jo Black en Karlien van Jaarsvled se optredes by die funksie wat om 7nm op Vrydag, 19 April by die Randfontein Rugbyklub plaasvind.
‘n Groep dansers van Trinity is in 2018 by die bekende Dancestar Qualifiers gekies om Suid-Afrika by die Wêreld Dansmeesterskampioenskappe van 18 tot 28 Mei in Kroasië te verteenwoordig.
Die doel van hierdie konsert is om genoeg fondse in te samel om die dansers te help om Kroasië toe te gaan.
Daar is gewone kaartjies beskikbaar asook Baie Belangrike Persoon-kaartjies wat ‘n partytjiebusrit van Fantasy Farmyard na die Randfontein Rugbyklub en terug insluit.
Vir meer inligting, skakel 011 679 5699 of 082 372 9177 of koop kaartjies aanlyn by https://itickets.co.za/events/422672.