Local newsNews

Beertjies en komberse vir sikloon Idai-oorlewendes

Kyle Gavin van Staden, Mr Randfontein Junior 2018-finalis, en sy ma beplan om die eerste week in Mei komberse en beertjies vir kinders in Mosambiek te vat.

Die slagoffers van sikloon Idai wat verwoesting in veral Mosambiek veroorsaak het, het weer hoop nodig en vir sommiges is beertjies die simbool van hoop.

Die sesjarige Kyle Gavin van Staden, Mr Randfontein Junior 2018-finalis, is op ‘n missie om beertjies en komberse vir die oorlewendes van die onlangse vloede bymekaar te maak. Sy ma, Estie, help hom om ‘n sukses van die projek te maak.

“Ek en Kyle het besef hoe belangrik beertjies in ‘n kind se lewe is, want as jy mooi daaroor dink is ‘n beertjie jou eerste maatjie, dis jou troos en vir baie kinders hou beertjie die nagmerries weg. Sommige kinders heg dieselfde waarde aan komberse omdat dit sag en warm is,” het Estie gesê.

Hulle is besig om beertjies, komberse en water bymekaar maak vir al die kinders wat nou geen hoop meer het nie.

“Ons vra die gemeenskap van Randfontein om ‘n verskil te maak en ‘n skenking te doen. Ons beoog om dit die eerste naweek in Mei daarheen te vat. Randfonteiners is ook welkom om te help met die vervoer van die skenkings sodra die paaie in Mosambiek weer oop is,” het sy bygevoeg.

Skakel gerus vir Estie by 071 561 2316 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button