Local newsNews
‘Kom nader aan Hom’ – Andries se boodskap aan R’fontein
Andries Vermeulen die bekende aanbieder van kykNET se OppieStoep het Randfonteiners onlangs met sy stories en musiek vermaak.
Daar is min mense wat soos Andries Vermeulen ander se lewens deur musiek en grappies kan verander.
Andries, die bekende aanbieder van kykNET se OppieStoep het Randfonteiners op Saterdag, 30 Maart met sy stories en musiek vermaak.
Hy het by die Cornerstone Christen-skool (ou Biddende Hande-kerk) in Greenhills opgetree en die doel was om fondse vir die skool in te samel.
Die boodskap wat hy oorgedra het was duidelik. Hy het elke persoon laat besef dat daar geen ander sleutel tot die ewige lewe is nie behalwe om by Jesus uit te kom.