NewsSchools

Jannas vermaak laerskoolleerders

Leerders van plaaslike laerskole het onlangs Hoërskool Jan Viljoen tydens hul opedae besoek.

Vir baie Graad 7-leerders is dit moeilik om te besluit watter hoërskool om te kies, maar Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) maak dié keuse baie maklik.

Jannas het tydens hul opedae op 4 en 5 April alles wat hul het om te bied uitgehaal en gewys. Hulle het hul beste voet voorgesit om te bewys dat die skool omgee oor leerders se akademie, sport, kultuur én tegniese vermoëns.

Tydens Hoërskool Jan Viljoen se opedag kon Graad 7’s die klasse besoek, die skool leer ken en ‘n groot waterglybaan geniet. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons tema was vanjaar Dr. Seuss en die Jannas-leerders en die laerskole wat ons besoek het, het dit baie geniet. Graad 7’s kon die klasse besoek, die skool leer ken en ‘n groot waterglybaan geniet,” het Tammy Smith, skoolwoordvoerder, gesê.

Die besoekers is in groepe opgedeel wat deur Jannas-seniors deur die skool vergesel is.

Tydens Hoërskool Jan Viljoen se opedag kon Graad 7’s die klasse besoek, die skool leer ken en ‘n groot waterglybaan geniet. Foto: Jaco-Mari Futcher

“By die wetenskapklas het hulle ‘n eksperiment gedoen en in die huishoudkundeklas kon hulle hul kookvernuf toets. By die tegniese afdeling het hulle geleer hoe om bakstene te pak, hoe elektrisiteit werk en wat alles gebeur wanneer jy jou motor se enjin aanskakel,” het sy gesê.

“Dis altyd lekker wanneer ons die laerskoolleerders hier ontvang, want hulle is almal baie nuuskierig.”

Related Articles

Back to top button