Local newsNews

#WysheidWoensdag: Kindermishandeling in R’fontein ‘n tragiese realiteit

KYK: Greenhills-ma is onlangs gearresteer vir kindermishandeling. Die Herald het intussen by ‘n kenner gaan aanklop om uit te vind hoe groot die probleem van kindermishandeling in Randfontein is.

Kindermishandeling is ‘n hartseer realiteit wat baie onskuldige slagoffers se lewens verwoes.

Die Herald het vroeg Woensdag, 3 April berig dat ‘n ma wat haar twee kinders met ‘n strykyster gebrand het, gearresteer en aangekla is van kindermishandeling asook aanranding met die doel om ernstig te beseer. Sy moet nog in die hof verskyn.

Lees meer hier:

Greenhills mother arrested for child abuse

Die Herald het intussen by ‘n kenner gaan aanklop om uit te vind hoe groot die probleem van kindermishandeling in Randfontein is.

Francina Julius van Women Against Women and Child Abuse (Wawa) het gesê dat kindermishandeling baie meer voorkom as wat mens besef.

“Die kinders vra nie om in daardie situasies geplaas te word nie, maar as gevolg van omstandighede word hulle soms deur hul ouers te na gekom. Bure en onderwysers wat vermoed dat kinders mishandel word moet dit rapporteer, want om stil te bly maak jou net so skuldig soos die ouers wat hul kinders mishandel,” het sy gesê.

Kinders het net liefde en aandag nodig. Wie gaan dit vir jou kinders gee as jy die een is wat hulle seermaak? Kinders wat mishandel word of mense wat weet van kinders wat mishandel word, is welkom om by Wawa of soortgelyke organisasies aan te klop vir hulp.”

Wawa se kantoor is by die Toekomsrus Polisiestasie en hulle kan by 011 693 4504 gekontak word. Daar is ‘n soortgelyke organisasies, Victims Support Centre, by die Randfontein Polisiestasie en hulle kan by 011 767 2411 geskakel word.

Related Articles

Back to top button