Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #106 – Fanie Smit

VIDEO: Die Herald ontmoet die 106e persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 2 April het die Herald vir Fanie Smit, die 106de persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Greenhills ontmoet.

Dié 31-jarige besigheidsman het onlangs die Braai Stop in Kennethlaan geopen en sien daarna uit om die dorp ‘n beter plek te maak – een braai op ‘n slag. Hy het 12 jaar lank boerewors by die Boerewors Boys-stalletjie in dieselfde straat gebraai.

“My grootste passie in die lewe is besigheid, braai en reis,” het hy gesê. Hy het ook talle ander besighede aan die Wes-Rand.

Randfontein het deur die jare baie diep in sy hart gekruip. “Randfonteiners is liewe mense en dis ‘n baie lekker dorp,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button