Local newsNews

Skuts, jagters reg vir die winter

Skuts van regoor die Wes-Rand het die afgelope naweek hul skietvernuf opgeskerp tydens 'n byeenkoms by die Gatsrand Skietbaan naby Carletonville.

Jagters en skuts van regoor die Wes-Rand het op Saterdag, 16 Maart hul skietvernuf tot die uiterste beproef.

Die byeenkoms is by die Gatsrand Skietbaan naby Carletonville gehou.

Volgens Ria Zeelie, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Transvaal-tak, gee sulke byeenkomste skuts die geleentheid om hul vaardighede op te skerp en hul jaggewere vir die komende winterjagseisoen in te stel.

Daar word punte aan elke skoot toegeken en dan word goue-, silwer- en bronsbalkies aan die skuts met die beste punte toegeken. Volgens Ria neem sommige van dié skuts aan internasionale kampioenskappe en verskeie skietkompetisies deel. Die tak het ook al Suid-Afrikaanse kampioene opgelewer.

Ria het gesê dat die byeenkomste skuts ook die geleentheid bied om by mekaar te leer en om hul kennis te deel.

Een van die hoogtepunte van die dag was toe daar met haelgewere na kleiduiwe geskiet is. Daarna was daar ‘n heerlike braai waartydens die skuts lekker saamgekuier en staaltjies oor die jagveld gedeel het.

 

Related Articles

Back to top button