#ThrowbackThursday – 6 Maart 1987

Die Herald gaan terug na 5 Maart 1987 vir hierdie week se #ThrowbackThursday.

Dis #ThrowbackThursday en die Herald het teruggekyk oor die nuusgebeure in die 6 Maart 1987-uitgawe.

In dié uitgawe het die Herald berig dat Standard Bank die eerste outomatiese tellermasjien (OTM) na Randfontein gebring het.

Die Herald het by Sienie van der Merwe wat haar lank in Randfontein woon, gaan aanklop om meer uit te vind oor die tyd voor OTM’s.

Volgens Sienie was hulle daaraan gewoond om daagliks bank toe te gaan om hul geldsake te doen, maar OTM’s het dit verander.

Ander interessante opskrifte in dié uitgawe:

Die Toekomsrus Voedingskema het in 1987 daagliks 250 kinders by twee laerskole kos gegee. Volgens dié artikel is die wanvoeding onder kinders veroorsaak deur werkloosheid, enkelouerskap en hoë lewenskostes.
Randfontein se boogskuts het aan die World Mail Match deelgeneem. In die vrystyl-afdeling het A. Maene met 291 gewen en ‘n rekord geslaan.
Die destydse burgemeester, Hans Jacobs het die skoubedrywighede saam met Rita en Johan, sy kleinseun geniet.
Amina Bahadur opened a new shop in the Lifegro Centre called Dance Gear. They specialised in outfits for aerobics as well as for various genres of dance, such as ballet.
Sonja Fourie, ‘n lid van die Akro-klub het talle toekennings en ‘n trofee vir beste opkomende gimnas gewen.
Middelvlei-stasie is na 79 jaar permanent gesluit en Randfontein se stasiemeester, AM Botha het dié stasie oorgeneem.
In dié uitgawe het die Herald berig dat Standard Bank die eerste outomatiese tellermasjien (OTM) na Randfontein gebring het.

Exit mobile version