Kreatiwiteit vloei by W’aria VLU

Die doel van die Vroue Landbou-unie is om die volwasse vrou – ou en jonk – op te voed

Die vroue van die Westonaria-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het op hul maandelikse vergadering op Woensdag, 6 Maart, gewys dat hul kreatiwiteit geen grense het nie.

Volgens Bea Greyling, voorsitter van die tak, is dié byeenkomste propvol pret.

Die VLU is ‘n groep vriendinne wat mekaar opbou en by mekaar leer. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die doel van die VLU is om die volwasse vrou – ou en jonk – op te voed. Baie mense dink die VLU is net vir boeretannies, maar dit is al lankal nie meer so nie. Ons temas is altyd relevant en ons leer elke maand iets nuuts.”

Bea is al 30 jaar ‘n VLU-lid en van die ander lede in die tak is al amper 50 jaar by die VLU betrokke. Hulle geniet steeds elke nuwe opdrag en tema. “Ons doen elke maand nuwe opdragte soos gebak, rangskikkings, naaldwerk, fotografie en baie meer. Ons neem gereeld deel aan streeks- en provinsiale kompetisies,” het sy gesê.

Die VLU is ‘n groep vriendinne wat mekaar opbou en by mekaar leer. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hul skrywer en kunstenaar van die jaar is onderskeidelik Dana Snyman en Mathys Roets. Tydens hul vergaderings lees hulle uittreksels uit Dana se boeke of luister na Mathys se musiek.

Bea het gesê dat die beste aspek van die VLU die vroue se geselskap is.

Die VLU voer elke maand nuwe opdragte uit soos gebak, rangskikkings, naaldwerk, fotografie en baie meer. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons is ‘n groep vriendinne wat lekker gesels. Ons bou mekaar op en ons leer by mekaar.”

Die VLU voer elke maand nuwe opdragte uit soos gebak, rangskikkings, naaldwerk, fotografie en baie meer. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die VLU hou gereeld werkswinkels waar hulle nuwe vaardighede aanleer. Hulle twee grootste projekte vir 2019 is om tekkies te versier en dit aan minderbevoorregtes te skenk, en vir Knitted Knockers te brei om vroue te help wat ‘n mastektomie ondergaan het.

Exit mobile version