Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #102 – Desmond Wessels

Die Herald ontmoet die 102e persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 5 Maart het die Herald vir pastoor Desmond Wessels, die 102e persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Greenhills ontmoet.

Desmond, 37, is ‘n pastoor by Gemeentes van Christus en is sedert 2014 ‘n trotse Teiner.

“Ek kom oorspronklik van Newlands af, daarom is daar min dinge waarvoor ek bang is. Ek dink dis hoekom ons so goed in Randfontein aangepas het. Ek is ‘n baie eenvoudige mens, maar daar is wel ‘n paar kossoorte, soos sardyne, vrugtekoek, beestong en die melktert waarvan die gemeente se tannies so baie hou, waarvan ek nie hou nie.”

Dié pastoor met sy goeie humorsin, sy vrou en drie kinders is baie lief vir die gemeenskap.

Desmond het gesê dat hy volgens 1 Korintiërs 10:30–31 leef en dat hy God in alles wat hy doen verheerlik.

“Toe ons in Randfontein gekom het, het die gemeente net 30 lede gehad en ons trek nou al by 500. Dit is alles net deur die Here se genade. Daar is ook baie ander gemeentes is Randfontein wat net sulke wonderlike werk doen om die Woord te verkondig. Ek is veral bly om te hoor dat die Randfontein Rugbyklub in die Here geanker is. Ek dink Randfontein se geloof is reg,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button