Local newsNews

Ses dinge om vandag by die Randfontein Skou te doen

Op Saterdag, 2 Maart, sal alles van vliegtuie tot bekende sangers by die Randfontien Skou te sien wees.

Die besigste dag van die Randfontein Skou het aangebreek.

Om seker te maak dat Randfonteiners nie enige pret misloop nie, het die Herald ‘n lys van die lekkerste doendinge vir Saterdag, 2 Maart opgestel:

• Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se ‘Dog Look-Alike’-kompetisie sal om 11vm by die Coca-Cola Arena op die C-veld plaasvind.

• Om 11.30vm is daar ‘n vliegtuigvertoning deur Aviatech Flight Academy.

• Die CPW Goue Toue Rofstoei sal om 6nm by die Coca-Cola Arena op die C-veld plaasvind.

• In die Skou Markiestent sal Brêkfis met Derrich om 8vm regstreeks uitgesaai word en die res van die dag sal Die Ventertjies (11.15vm), Snotkop en Snap Back Studios (12nm), Buster & Bella (1.20nm) en Kosie Beukes met sy Konsertina (7.20nm) die gehoor vermaak.

• Op die Castle-verhoog in die Spur Kuierskuur sal die Teelepeltjies (1.20nm), Tanya V (7.05nm), Scarlotte Will (8.15nm) en Francois van Coke (9.15nm) elk op hul beurt optree.

• Daar sal ook deurlopende vermaak soos die stalletjies, Ollie die Singende Nar en mallemeule wees om elke lid van die familie te vermaak.

Vir meer inligting besoek Randfontien Skou se webblad by https://www.randfonteinshow.co.za of kontak die Skoukantoor by 011 412 2878/ 1562.

 

Related Articles

Back to top button