Pensioenarisse se bakkie voor hul huis gesteel

Dina en Johan Potgieter wil die gemeenskap waarsku om op hul hoede te wees nadat hul geliefde wit-en-blou 1992-model Izuzu-bakkie op 20 Februarie voor hul huis in Beatricelaan gesteel is.

Twee pensioenarisse van Homelake se enigste ryding is onlangs gesteel en nou sit hulle met hul hande in hul hare.

Dina en Johan Potgieter se geliefde wit-en-blou 1992-model Izuzu-bakkie is op 20 Februarie helder oor dag voor hul huis in Beatricelaan gesteel.

“Ek was apteek toe en het net na 1nm vinnig by die huis gestop om iets op te laai. In plaas daarvan om die bakkie in die erf in te trek en agter twee hekke toe te sluit, het ek die bakkie op die sypaadjie voor die tuinhekkie parkeer,” het Johan vertel.

Dina en Johan Potgieter wil die gemeenskap waarsku om op hul hoede te wees na hul geliefde wit-en-blou 1992-model Izuzu-bakkie op 20 Februarie voor hul huis in Beatricelaan gesteel is. Foto: Jaco-Mari Futcher

Volgens Johan het sy vrou vir hom tee gemaak en hy het heeltyd die bakkie dopgehou terwyl hy sy tee afgesluk het, want hy wou weer ry. Die volgende oomblik het hulle die bakkie sien wegtrek.

Lees ook:

Sekuriteitsbestuurder en familie geteiken

“Ek het met my seer lyf buite toe gehardloop en geskree dat hulle moes stop, maar dit was tevergeefs aangesien hulle al klaar om die draai was. Die polisie was in minder as 15 minute by ons, maar ek twyfel of hulle ons bakkie sal kan opspoor,” het Dina gesê.

Die Herald het die Randfontein Polisie gekontak om die saak te bevestig en wag nog vir hul terugvoer.

Dina het gesê dat sy heeltemal magteloos gevoel het toe sy met haar eie oë gesien het hoe die bakkie gesteel word. Dina, 65, en Johan, 74, is albei pensioenarisse en kan nie bekostig om die bakkie te vervang nie. Die bakkie was nie ook nie verseker nie, want hulle moes die versekering kanselleer nadat Johan moes ophou werk as gevolg van ‘n besering.

“Johan is in ‘n ongeluk beseer en ek ly aan osteoporose en ervaar baie pyn. Ons kan nie loop waar ons moet wees nie. Sonder ‘n bakkie kan ons nie by die klinieke en die winkels uitkom sonder ons bure of vriende se hulp nie, maar hulle is ook nie altyd beskikbaar nie,” het Dina gesê.

Die gesteelde bakkie was egter nie die eerste diefstal by hul huis nie. Hul tuinslang en krane is ook al gesteel.

“Ons wil mense in die area waarsku om niks buite hul huise te los nie en om nie in die straat te parkeer nie. Mense moet ook altyd seker maak hul voertuie se deure is gesluit en dat daar niks waardevol in die kar is nie, want ons het nou self gesien diefstal gebeur in ‘n oogwink,” het sy bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version